Inwoners en besigheids eienaars woonagtig in die Strand wat opstaan vir Strand gemeenskap se veiligheid, en in samewerking met plaaslike wetstoepassers is ons proaktief om enige vorm van misdaad te voorkom.
Ons is vrywilligers en maak staat op ondersteuning van ons gemeenskap.
Gemeenskapsgerig
Proaktief
Betroubaar
Samewerkend
Volg ons op Facebook en deel
Vry (b.nw.) nie gevange of gebonde wees nie;
Veilig (b.nw.) vry van gevaar; geborge
Gerus (b.nw.) kalm; still; sorgeloos
Patrolleerders is ‘n SELDSAME spesie wat onbaatsugtig die gemeenskap help beveilig.
Aktiewe patrolleerders vorm die kern van ons buurtwag en bestaan uit individue wat onbaatsugtig hul tyd offer om ons gemeenskap te help beveilig deur aktief in die Strand te patrolleer.
Patrolleerders neem deel aan geskeduleerde en ongeskeduleerde patrollies, ontvang opleiding en toerusting en het dus ook toegang tot ons Whatsapp groepe en direkte radio toegang tot ander patrolleerders.
Observasielede neem nie aktief deel aan patrollies nie, maar vorm ‘n belangrike deel van ons netwerk en dien ook as ‘n goeie bron van inligting.
As observasielede kry U toegang tot ons whatsapp groepe vir algemene veiligheid inligting, noodgevalle, fout rapportering en selfs verlore troeteldiere.
Ons patrolleerders vorm ook deel van hierdie groepe en kan op enige inligting reageer om U of die gemeenskap by te staan.
Kontak ons vir lys van ander voordele
OM ‘N BYDRAE TE MAAK AAN
STRAND PATROL NPC
KLIEK HIERONDER
SAAM MAAK ONS STRAND VEILIGER!